Tuis

NOG 1 DAG TOT FEESDAG, 23 JUNIE .... SIEN UIT OM ALMAL IN SUTHERLAND TE SIEN!!!! 10AM - 2AM
Sutherland is nie net die koudste plek in Suid-Afrika nie, dis ook een van die donkerste plekke op die aardbol. Hier is die sterrehemel snags so vry van enige steurende stadsligte as wat die gloedvolle Kaap—sowat 370 km ver—drie en ’n halwe eeu gelede laas moet gewees het. Bedags skarrel wildsbokkies nog altyd soos in lank vergange tye oor die velde… langs die laaste aktiewe vulkaan suid van die ewenaar wat reeds baie millenniums gelede uitgedoof is. Werklik, die kale haaivlakte is nêrens so ongetem en ongeskonde as juis hier nie. Dat die verafgeleë Sutherland in die Hantam-Karoo gekies sou word as die plek vir Afrika se eie reuse-oog op die heelal—en ’n vlagskip vir Suid-Afrika se tegnologiese programme—lyk met die eerste aanblik eenvoudig na ’n flagrante stommiteit. Ons is super opgewonde oor ons eerste Vries Jou Gat Af Fees, en nooi al die Sutherlanders julle uit om saam te kom fees hou in hierdie klein Karoo dorpie, bekend vir sy koue winters met sneeu, warm hospitaliteit, pragtige sterrehemel en dramatiese karoo landskap.